Net soos wat ‘n landbouboer met gewasse of vee boer, boer ons met die son.
Ons plant sonpanele en oes in die vorm van kWh.
Net soos jy as boer jou beplanning moet doen vir die nuwe seisoen, doen ons dieselfde vir elke projek.
Plant ons te veel panele, het ons vermorste oortollige opbrengs met geen waarde in ons oes.
Plant ons te min panele, het ons nie ons optimale opbrengs behaal vir die oes nie.
Ons nasionale spanne sien om na jou behoeftes tydens die ontwerp, verkoops, installasie en nasorg prosesse om te verseker dat jy altyd die meeste uit die sonkrag se oes kry deur die seisoene.
Ons verskeidenheid aanpasbare betalingsopsies gee jou die nodige gemoedsrus in jou kragvoorsiening, of jy nou besluit om self te betaal, te finansier, of ons kragkoopooreenkoms te benut.
ONS KWALIFIKASIES & ASSOSIASIES